Jakob in Islam

Yaʿqūb
يَعْقُوب
Jakob
Islamitiese profeet
Josef, sy pa, Jakob, en broers in Egipte (1583).
Josef, sy pa, Jakob, en broers in Egipte (1583).
Ander name  יַעֲקֹב, Yaʿakov
Laaste rusplek  Grot van die Patriarge, Hebron
Familie
Vader  ʾIsḥāq
Moeder  Rebekka
Gade  Ragel, Lea
Kinders  Yūsuf e.a.

Yāqub (volle naam Yāqub ibn Isḥāq ibn Ibrāhīm; Arabies: يَعْقُوب), ook bekend as Jakob, is ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word. Hy word erken as ’n patriarg wat dieselfde monoteïstiese geloof gepredik het as sy voorvaders: Ibrahim (Abraham), Ishaq (Isak) en Ismail (Ismael). Sy naam kom 16 keer in die Koran voor.[1] In die meeste van dié gevalle word hy saam met ander Hebreeuse patriarge genoem as ’n vroom en antieke profeet wat deel van die "uitverkorenes" was.[2]

  1. "Jacob", Encyclopaedia of Islam Vol. XI, bl. 254.
  2. Koran, Soera 38:47

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search